God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 11 VAN 19

Bid: Vader, Help My Om Aan te Hou en nie Moed Op te Gee nie!

Moenie mismoedig raak wanneer jy deur die wagtydperke van die lewe gaan nie. Moenie moed verloor nie. Moenie tou opgooi nie!

Die Israeliete het, en dit het hulle weerhou van die land wat oorloop van melk en heuning. Numeri 14:2-4 sê: “Al die Israeliete was in verset teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: 'As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het! Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?' Hulle het toe vir mekaar gesê: 'Kom ons kies 'n leier en gaan terug Egipte toe!'” Hulle het hul droom prysgegee. Na 400 jaar van slawerny was hulle uiteindelik vry, maar omdat daar 'n wagtydperk was, wou hulle eerder terugkeer.

Net soos die Israeliete is daar mense wat eerder vasgevang sal wees in slawerny as om die vrees van vryheid aan te pak. Hulle wil nie aanhou en aan die probleem werk totdat hulle die oplossing vind nie. Hulle wil tou opgooi. Hulle aanvaar middelmatigheid in die lewe.

Moenie minder as God se beste in jou lewe aanvaar nie. As dit beteken dat jy deur 'n tonnel van uitdagings moet gaan, gaan daardeur. Dit sal donker wees in die middel van die tonnel, en jy sal oorweeg om terug te hardloop na die lig wat jy ken, maar jy moet uithou en aanhou totdat jy die lig aan die ander kant van die tonnel bereik.

Hou aan en bid, eerder as om mismoedig te raak.

Galasiërs 6:9 sê: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel."

Dit is die wet van die oes: daar is 'n wagperiode tussen die plant en die oes. Jy plant in een seisoen en jy oes in 'n ander. God wil sien dat jy sal aanhou om die velde voor te berei, te plant en te oes. As Hy konsekwentheid in jou lewe sien, sal die oes kom. Dit sal nie onmiddellik kom nie, want dit bereik niks as Hy dit onmiddellik laat gebeur nie — geen karaktergroei of geloofsontwikkeling nie.

Jesus het in Lukas 18:1 gesê: “ ... 'n [mens] moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.”

Dit is die twee opsies wat jy in die lewe het: bid gedurig of wees moedeloos. Jy sal altyd een van dié twee doen. As jy gedurig bid, sal jy nie moedeloos wees nie. As jy nie gedurig bid nie, gaan jy moedeloos raak met al die probleme in jou lewe — by die werk, skool of in jou persoonlike lewe. Jy moet aanhou bid!

Wat is jou gebed gedurende die wagperiodes in jou lewe? Bid: "Help my om aan te hou en nie op te gee nie." God sal jou hoor en jou help. Jy is nie alleen nie, jy hoef nie moedeloos te wees nie, al gebeur daar nog niks nie.

Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.