God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
![God's Dream For Your Life](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1597%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gedurende 'n Wagtydperk Kan Jy God se Tyd Vertrou
Jy gaan vertragings teëkom wanneer jy na God se droom vir jou lewe gaan streef. God gebruik hierdie wagperiodes om jou voor te berei en te toets sodat jy wát ook al na jou toe kom in die gesig kan staar in die volgende fase van jou geloof.
Meeste van ons raak angstig wanneer daar vertragings kom. Ons raak bekommerd. Ons kla. Ons word senuweeagtig. Die Israeliete het op presies dieselfde manier reageer toe God hulle reis na die land van melk en heuning vertraag het: om by die gebied van Edom verby te kom, het die Israeliete van Horberg af in die rigting van die Rietsee getrek. Op pad daarheen het die volk ongeduldig geword en teen God en Moses uitgevaar: “Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos.” (Numeri 21:4-5).
Die Israeliete se klagtes was die sonde wat hulle weerhou het van die land van melk en heuning. Maak nie saak wat God alles vir hulle gedoen het nie, hulle het altyd iets gekry om oor te kla. Hulle het nie water nie, God gee water. Hulle het nie kos nie, maar wanneer God kos gee, kla hulle oor die tipe kos wat hulle kry. Dis maklik om te kla wanneer jy gedwing word om te wag, nie waar nie? Ons gee nie om om te wag nie, solank ons daaroor kan kla.
Spreuke 19:2 sê: “Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute.” Dit is frustrerend wanneer jy haastig is, maar God is nie. God is nooit haastig nie! Die Bybel sê 'n dag is soos 'n duisend jaar en 'n duisend jaar is soos 'n dag vir God. Hy is groter as tyd. Een van die mees nuttelose dinge wat ons kan doen, is om God te probeer aanjaag. Ons kom in die moeilikheid wanneer ons dinge sonder God probeer doen.
Jy probeer maniere uitdink hoe om God se droom vir jou op jou eie te bereik wanneer jou in God se wagkamer is.
Die Bybel sê egter om in God se tydsberekening te vertrou: “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende” (Psalm 37:7-8).
Om te rus, kan 'n daad van geloof wees. Dit beteken jy wag vir God. Toe Jesus en die dissipels in die skuit op die see in 'n storm vasgevang was, het Jesus deur dit alles geslaap. Die dissipels het Hom wakker gemaak en gevra hoe Hy deur dit alles kon slaap, waarop Hy geantwoord het: "Dink julle waarlik God sal die skip laat sink met my daarin?" Deur deur die storm te slaap, het Jesus gesê ons kan op God vetrou, selfs in die middel van 'n storm.
In ons storms lê ons die hele nag wakker in angs. Dit beteken ons lewe nie met geloof nie. Ons kry nie geslaap nie, want ons vertrou nie werklik op God nie. God sê: "Moet jou nie bekommer nie. Onthou ek is altyd met jou, vertrou my tydsberekening.”
Bekommernisse maak jou net droewig. So hou op om jouself te bekommer en vertrou op God om in jou en deur jou te werk tydens jou wagperiode.
Aangaande hierdie leesplan
![God's Dream For Your Life](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1597%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More