MigaVoorbeeld

Miga

DAG 8 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Hoe word God in Miga 1 beskryf?

2. Op watter maniere word God se krag vertoon soos Hy uit sy woonplek kom?

3. Watter aspekte van God se karakter word geopenbaar in die verse wat ons hierdie week gelees het?

4. Is Miga meer gefokus op God se geregtigheid of God se barmhartigheid? Hoekom?

5. Israel het nie die verbond gehou wat hulle met God in Deuteronomium gemaak het nie. Is God geregverdig in sy aksies om hulle aan hulle vyande oor te gee?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/