MigaVoorbeeld

Miga

DAG 7 VAN 29

Lees: Miga 2:6-11; Deuteronomium 11:13-17

SOAP: Miga 2:7

Vandag se verse wys vir ons hoe ver afvallig Israel van God geword het. Miga 2:8 stel dit duidelik: “My volk het in die afgelope tyd ‘n vyand geword en in opstand gekom.” Israel het hulle harte verhard teenoor God en sy vyande geword.

Daar was valse profete tussen die mense wat probeer het om God se profete stil te maak. Vir hierdie valse profete was dit genoeg om God se "spesiale" mense te kon wees. Hulle het geredeneer dat dit nie nodig was om vergifnis te vra vir hulle sondes nie, omdat God nie sulke streng oordeel oor hulle sou laat kom nie. Hul boodskap was vals, maar soeter op die ore van die sondaars wat Miga wou stilmaak. Miga verklaar egter dat die Here goeie dinge belowe vir dié wat opreg lewe.

Soms wil ons ook ons ore sluit vir die Waarheid van God, veral wanneer ons ‘n vers lees wat ons sonde vir ons uitwys, maar waarvoor ons nie nou al vergifnis wil vra nie, of wanneer dit dalk vir ons iets of iemand uitwys wat ons wegneem van God af. Dit mag ook wees dat, na ‘n kerkdiens of gesprek met ‘n godvresende persoon, ons bewus word van iets waarmee ons moet ophou. Ons sluit liewers ons ore. Ons wil niks hoor nie. Ons moet egter baie sensitief wees om waarlik te hoor wat God vir ons wil sê.

Liewe Vader, open asseblief my oë en my ore vir u Waarheid. Ek wil sensitief wees vir u leiding en is gewillig om enige iets in my lewe te verander wat my mag vervreem van U. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/