MigaVoorbeeld
Lees: Miga 3:1-4; Jesaja 55:8-9
SOAP: Jesaja 55:8-9
Vandag se verse in Miga is ‘n berisping vir die owerhede van Israel en Juda. Hulle moet geregtigheid ken. Hulle moet weet wat reg en wat verkeerd is omdat hulle die gesag het om diegene wat buite die wet is, te straf. Hulle het egter hul voorregte gebruik om die armes aan te val.
Kyk na die harde terme wat Miga gebruik om te beskryf hoe hierdie heersers die mense mishandel het. Hy praat van geskeurde velle, gebreekte bene en gekapte vleis. Hulle klink meer soos slagters as owerhede.
Dit is vir ons moeilik om te verstaan waarom God dit sal toelaat. Waarom sou Hy hierdie goddelose mense toelaat om sy wet te verdraai en die volk te verlei? Waarom plaas Hy korrupte en bose owerhede in beheer van sommige lande? Ek weet nie. Maar Hy weet. En soos Jesaja my vandag herinner het, is sy gedagtes nie my gedagtes nie. Ek hoef nie te verstaan nie. Ek moet sy perfekte wil net aanvaar.
Ons kan regoor die wêreld sien hoe slegte heersers mense laat ly. Spreuke 29:2 sê: “‘n Volk juig as regverdige mense die mag kry; ‘n volk sug as ‘n goddelose mens regeer.” Kom ons volg die raad wat Paulus ons in 1 Timoteus 2:1-2 gee en bid vir ons owerhede sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei.
Hemelse Vader, ek bid vir die owerhede in my land. Ek bid dat U hulle wysheid en helderheid sal gee om goed te regeer. Ek vra U vir hulle verlossing. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/