MigaVoorbeeld

Miga

DAG 13 VAN 29

Lees: Miga 3:9-12; Psalm 82

SOAP: Psalm 82:2

Jerusalem sou geoordeel word omdat dit ‘n plek geword het waar geregtigheid nie meer geskied het nie. Die regeerders, priesters en profete het allerlei sondes gedoen, tog het hulle steeds voorgegee dat hulle God se wil doen. Hulle het alles vir ‘n wins en tot hulle eie voordeel gedoen, maar het hulle sondes verdoesel as “diens” aan die Here.

Hulle ongehoorsaamheid sou tot gevolg hê dat Jerusalem, die heilige stad, vernietig word. Die tempel sou verdwyn en die mense sou in ballingskap geneem word. Ons lees in Klaagliedere 4:13: “Dit het gebeur oor die sondes en oortredinge van die stad se profete en priesters deur wie onskuldige mense daar om die lewe gebring is.” Hulle wou nie glo dat die vyand Jerusalem sou binneval nie. Hulle het geweier om te glo dat God heilig is en dat sy verbond met sy mense afhanklik is van hulle gehoorsaamheid.

Wanneer iets verkeerd is, moet ons ons dit met wortel en tak uitroei. Dit mag wel pynlik wees, maar dit is die enigste manier om dinge reg te doen. Wanneer die liggaam aangeval word deur verrotting, moet die geaffekteerde deel afgesit word om sodoende die hele liggaam te red. Ons moet dieselfde doen met sonde. Dit moet met wortel en tak uitgeroei word sodat ons ‘n lewe kan lei wat God behaag.

Liewe Heer, help my om my sonde raak te sien, te bely en dit uit my lewe te verwyder. Ek wil nie net voorgee dat ek ‘n heilige lewe lei nie, ek wil graag heilig wees soos U heilig is. Help my, O Heer, om ‘n lewe te leef wat U behaag. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/