MigaVoorbeeld
Lees: Miga 4:9-13; Romeine 8:28
SOAP: Miga 4:12
Profesie kan soms moeilik wees, nê? Wat beteken dit? Wanneer sal dit gebeur? Ons moet baie versigtig wees wanneer ons Skrif soos vandag s’n lees.
In vandag se verse praat Miga van twee verskillende tye. In verse 9 en 10 praat hy oor die wegvoer van die volk in ballingskap na Babilon en die terugkeer na die land onder Koning Kores. Verse 11 tot 13 is 'n Messiaanse profesie wat verwys na die slag van Armageddon net voor Christus se tweede koms.
Daar is tye in ons lewens wanneer ons nie verstaan wat God doen nie. Hy doen dinge op 'n manier hoe ons dit nie sou doen nie en Hy laat dinge toe wat ons nie in ons lewens wil ervaar nie. Maar soos Romeine 8:28 sê, vir dié wat God liefhet, werk alles - die goeie, die slegte, die moeilike, die slegte tye, die trane, die smarte, alle dinge – ten goede mee. Ons mag verwar word deur die manier waarop God dinge doen, maar ons mag nooit twyfel aan die feit dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir ons beswil en vir sy glorie nie, selfs wanneer ons nie sy wil verstaan nie.
Hemelse Vader, vergewe my asseblief wanneer ek u metodes en tye in twyfel trek. Wanneer ek verlore en verward voel, help my asseblief om my vertroue in U en in u liefde vir my te plaas. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/