MigaVoorbeeld

Miga

DAG 19 VAN 29

Lees: Miga 4:14 - 5:5; 2 Kronieke 32:20-23

SOAP: Miga 5:3-4a

Verdere leeswerk: 2 Kronieke 32

*Let wel: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Lees Miga 4:14 - 5:5.

In Miga 4:14 sien Miga in die toekoms in en profeteer oor die beleg van Jerusalem. Hy noem Jerusalem "rowerstad" omdat hy die menigte leërs en soldate sien wat die heilige stad gaan aanval. God sal al hierdie kragtige Babiloniese troepe gebruik om sy oordeel oor die volk van Juda te voltrek.

Dan verskuif Miga sy fokus na die Messias, Jesus, wat as 'n brose kindjie na die klein dorpie Betlehem gestuur sal word en later die owerste van Israel word. (Weereens sien ons profesieë wat na verskillende tye verwys - die eerste koms van Jesus as 'n kind en sy tweede koms as koning in die eindtyd).

Wanneer Jesus terugkom met sy tweede koms, sal Hy ‘n herder wees vir sy kudde en hulle versorg en veilig laat woon. Hy sorg ook vandag vir ons as ons goeie Herder. Hy gee vrede en vreugde aan almal wat na Hom toe kom. Hy het vir ons "sy kosbare en baie groot beloftes" geskenk (2 Petrus 1:4) om ons harte te bemoedig. Ons het 'n heilige God wat nie sonde kan hanteer ​​nie, maar ons het ook 'n liefdevolle goeie Herder wat in elke behoefte voorsien.

Here, u Woord is soos vars water vir my hart. Ek prys U omdat U my nie alleen gelaat het nie, maar U het my deel van u familie gemaak en U sorg vir my. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/