MigaVoorbeeld

Miga

DAG 24 VAN 29

Lees: Miga 6:8; Galasiërs 4:12-16

SOAP: Miga 6:8

Ek dink Miga 6:8 som die hele boek van Miga op. Ons het oor en oor van al die dinge wat Israel verkeerd gedoen het, gelees. Nou lees ons wat hulle eerder moes doen: Hulle moes reg laat geskied, liefde en trou bewys en bedagsaam lewe voor God. Drie klein, eenvoudige dinge wat God vir sy mense gevra het om te doen en vandag nog steeds van ons vra.

God was moeg vir godsdienstige seremonies, offers en vlak geestelike lewens. Die Israeliete was nie bewus van hoe vreeslik diep hulle teen die Here gesondig het nie en hulle het gedink hulle kon van die skuld ontslae raak deur godsdienstige dade te verrig.

Om hierdie drie dinge te kan doen, moet ons gered word deur Jesus Christus. As ons probeer om reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam voor God te lewe, sonder om onsself aan God oor te gee as sondaars wat 'n Verlosser nodig het, sal ons net "godsdienstige" mense wees.

Moenie God probeer behaag deur godsdienstig te wees nie. Hy wil jou hart hê. Hy wil 'n lewe van oorgawe hê. Hy wil hê ons moet as sy kinders optree, as kinders van die koning wat volgens sy Woord leef.

Hemelse Vader, ek wil U intiem ken. Ek wil nie 'n lewe lei wat ‘n leuen is nie. Ek wil nie 'n godsdienstige masker dra en 'n leë hart hê nie. Help my om met 'n ware geloof te leef wat my van binne kan verander en ander vir u glorie kan bereik. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/