MigaVoorbeeld
Lees: Miga 7:1-7
SOAP: Miga 7:7
Na alles wat ons in Miga gesien het, na al die oordeel, al die sonde en die introspeksie wat dit ons gedwing het om te hê, vind ons harte troos in vandag se woorde. Alles rondom my kan val, maar ek kan wag vir die Here van my verlossing. Hy sal my hoor. Hy sien my. Hy is my rots, my vesting, my toevlug. Hy is magtig om my te verlos en lief te hê met 'n ewige liefde.
Psalm 62:1-2 sê: "Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan."
Dawid het geweet die enigste ding wat hy nodig gehad het om te oorleef en te floreer, God en sy kragtige liefde en sorg was. Ek kan deur die wêreld geskud word, maar ek word nie "baie geskud" nie.
Ek kan my lewe sonder vrees in die gesig staar omdat God met my is. Ons as Christene weet dat daar beproewinge sal wees. Ons weet ons gaan baie dinge ervaar wat ons sal probeer neertrek. Maar ons weet ook dat ons 'n magtige God het wat vir ons veg en ons hulpgeroep hoor.
Here, ek loof U vir u algenoegsaamheid — dat U genoeg is vir my hart, my lewe, my vreugde. Ek dank U omdat U my elke keer hoor as ek na U uitroep. In die Naam van Jesus, amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/