MigaVoorbeeld

Miga

DAG 29 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. As God nie spesifieke aksies verwag nie, maar net wil hê dat ons harte na Hom toe gerig moet wees, hoekom het Hy die Israeliete gestraf toe hulle ongehoorsaam was?

2. Hoe leer ons uit die boek Miga hoe God teenoor goddeloosheid handel?

3. Hoekom is dit net so belangrik om te luister na God se woorde van oordeel as wat dit is om te luister na sy woorde van belofte?

4. Wat openbaar Miga 7:8-9 oor God se karakter?

5. Miga wys vir ons dat God ons nie vir ewig straf nie. Hoe is Christus 'n voorbeeld van die maniere waarop God altyd probeer om sy mense te verlos?

Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/