MigaVoorbeeld
Lees: Miga 4:6-8; Psalm 93
SOAP: Miga 4:7
Ek hou van hoe God altyd diégene wat ongesiens verbygaan, in gedagte hou. Dis net in God se koninkryk waar diegene wat, volgens wêreldstandaarde geen moontlikheid op sukses het nie, 'n ereplek aan tafel kry. Dit maak nie saak hoe klein of swak die oorblyfsel van die Jode mag wees nie, God sal hulle versterk wanneer Jesus terugkom as koning. Jerusalem sal weer die hoofstad wees, soos in die tyd van Dawid. Die Messias sal kom om die getroue oorblyfsel van die Joodse volk te versamel en hulle te versterk teen die ander nasies.
Psalm 93:2 is 'n pragtige herinnering dat God se troon gevestig en ewig is. Maak nie saak wat in ons lewens gebeur nie, God regeer. Storms sal kom, vloede sal probeer om ons te vernietig, vuur sal probeer om ons te verteer. Wanneer dit gebeur, moet ons onthou dat God steeds God is en dat Hy op die troon sit. Ek weet nie wat jou stryd vandag is nie, maar God sal jou die nodige moed gee om te veg! Onthou dat jy tot alles in staat is deur Hom wat jou krag gee (Filippense 4:13).
Hemelse Vader, wanneer die lewe moeilik raak, help my asseblief om te onthou dat U in majesteit regeer en dat niks buite U beheer is nie. In die Naam van Jesus, amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/