MigaVoorbeeld

Miga

DAG 12 VAN 29

Lees: Miga 3:5-8; Jakobus 5:19-20

SOAP: Miga 3:8

Ons het gister die berisping aan die owerhede gesien en vandag sien ons die valse profete se berisping. Hierdie valse profete het nie God se woorde gedeel nie, maar hulle eie. Hulle het gesê wat die mense wou hoor. Daarom sal hulle in die skande kom en beskaamd staan.

Miga, daarenteen, het die mense van al die dinge vertel wat hulle nie wou hoor nie: sonde, oordeel, gevolge, swaarkry. Maar sy woorde het krag gehad omdat hulle van God gekom het. Dit was die boodskap wat God vir sy mense gehad het.

Baie kerke praat nie deesdae oor sonde nie. Baie Christene ook nie. Miskien is dit omdat ons nie ander ongemaklik wil laat voel nie. Ons vergeet dat die wêreld van vandag Jesus nodig het en dat ons moet praat oor sonde, oordeel en gevolge soos Miga gedoen het, sodat die mense van die wêreld gered kan word. In Romeine 1:16 sê Paulus dat hy nie skaam is oor die evangelie nie, want dit is die krag van God wat redding bring vir elkeen wat glo. Paulus en Miga het geweet dat net die evangelie mag het. Kom ons onthou dit vandag en wees dapper om die Woord van God te deel met diegene wat nie vir Jesus ken nie, en om diegene wat van die Waarheid van God afvallig geword het, terug te bring.

Liewe Vader, help my om u waarheid te spreek, ongeag wat ander van my dink. Help my om dapper te wees en ander van Jesus en die oorvloedige lewe wat ons in Hom het, te vertel. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/