MigaVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Te midde van Juda se rebellie belowe God steeds om hulle te verlos. Wat leer dit vir jou van God se karakter?
2. Hoe word God se geregtigheid selfs in sy dissipline gewys?
3. God oordeel die goddeloses, selfs wanneer die goddeloses onder sy gekose nasie van Israel is. Wat vertel dit vir ons van God se karakter?
4. Die Israeliete het aangeneem dat God hulle sou red, selfs al het hulle blatant teen Hom gerebelleer. Hoe is dit verskillend van om geloof te hê dat God sy beloftes sal onderhou?
5. Hoe kan ons seker wees dat God se beloftes oor die toekoms waar is?
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/