MigaVoorbeeld
Lees: Miga 2:12-13; Psalm 103:1-14
SOAP: Miga 2:12
"Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie." Hierdie bekende vers in Psalm 23 druk vandag die woorde van Miga so pragtig uit. Israel en Juda sou na ‘n vreemde land geneem word en vir jare lank verstrooi wees. Maar daar sal ‘n dag kom wanneer God die getroue oorblywende mense van Israel sal versamel, diegene wat Hom met hul harte vertrou en wat sy wil doen. Dit is ‘n profesie van die wederkoms van Christus, wanneer Jesus as koning sal terugkom en op sy troon in Jerusalem sal sit.
Hoe ver ons sonde ons ook al wegneem, God sal altyd na ons soek soos die verlore skaap waarna die goeie herder in die berge soek. Hy is ‘n goeie Vader! Hy sal nie vir altyd kwaad bly nie.
Terwyl ek Psalm 103 lees, word my hart met vreugde en dankbaarheid teenoor God gevul. Hy is die Een wat vergewe, die Een wat genees, die Een wat verlos. Hy bedek my met sy liefde en sy barmhartigheid, selfs wanneer ek dinge verwoes.
Hemelse Vader, ek prys U omdat U goed is. U soek my selfs wanneer ek probeer om weg te kruip van u heilige teenwoordigheid af. U gee my liefde, U wys my genade, U is my hoop. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/