MigaVoorbeeld
Lees: Miga 2:1-5; 2 Kronieke 36:15-21
SOAP: 2 Kronieke 36:15
Miga praat vandag spesifiek met mense met “mag in hulle hande”. Die ryk inwoners het die grond van die armer boere begeer en het hul dae spandeer om planne te maak hoe om hierdie boere se grond af te vat.
Ek weet nie hoe die omstandighede is waar jy tans woon nie. Waar ek woon is geld gelyk aan mag. Korrupsie is so aan die orde van die dag dat jy alles kan koop en almal kan omkoop. As dinge nie uitwerk soos jy dit wil hê nie, vul jy net die persone wat die wette maak se sakke met geld en hulle verander dinge om jou te pas. Dit is ook wat in Juda gebeur het. As gevolg van hulle rykdom en gesag het hulle gevat wat hulle wou hê, asof hulle die reg gehad het om dit te doen. Daardeur het hulle groot wins gemaak, wat hulle net nog ryker gemaak het.
Spreuke 22:22 sê: “Moenie ‘n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie.” Die Here het ‘n groot hart vir die armes, vir die bedroefdes en vir die verdruktes. Hy sal reg laat geskied aan hulle.
Juda wou nie luister na die profete wat God gestuur het nie en het aangehou in hul goddelose weë. Hulle wou nie hoor dat die land van die rykes binnekort aan ‘n vreemde mag gegee sou word nie. Luister ons wat God vir ons wil sê? Verander ons ons gedrag?
Almagtige God, ek wil nie ‘n hart van klip hê nie, maar ‘n sagte hart sodat ek u stem kan hoor en volgens u gebooie leef. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/