Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld
DAG DRIE: Neem Jesus Saam Met Jou
God stuur nie heling of vertroosting van "daar bo" af nie. In plaas daarvan kom Hy om by ons te wees.
'n Vriendin se man is omtrent drie jaar voor my man, Al, oorlede. Toe sy van my droefheid hoor, het sy vir my 'n verrassende kort notatjie gestuur: "Niemand, behalwe Jesus, kan jou nou help nie." Dit was miskien die vriendelikste, mees bemoedigende ding wat sy kon sê.
Alhoewel dit noodsaaklik is dat jy uitreik na ander en hulle ondersteuning aanvaar gedurende jou reis van droefheid, is pyn miskien die eensaamste ding in die wêreld. Geen mens kan die hele pad met jou stap nie.
Maar Jesus kan. Hy is die enigste Een wat werklik kan. En Hy wil.
Terwyl Hy op die aarde was, het Jesus gehuil saam met dié wat getreur het, soos Maria en Marta, toe hulle broer Lasarus gesterf het.
Jesus is nie net daar bo in die hemel, besig met belangrike sake in die heelal nie, JY is sy besigheid. Deur sy Heilige Gees is Hy op hierdie oomblik by jou.
Jy mag dalk nie altyd voel of Hy by jou is nie. Droefheid kan jou vermoë om sy teenwoordigheid aan te voel, benewel net soos die wolke jou uitsig op die son benewel. Hy is egter steeds daar.
Word in jou donkerste oomblikke net stil en nooi Hom om daar by jou te wees.
Aangaande hierdie leesplan
Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.
More