Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

Your Journey Through Grief

DAG 4 VAN 14

DAG VIER: Om Vir God Vrae Te Vra 

Die dood van 'n geliefde bring gewoonlik vrae oor God, geloof, die dood, die hemel, die hel, die ewigheid, en nog meer, na vore. Wat jou vorige verhouding met God ook al was, om deur rou te gaan mag aspekte van jou geloof uitdaag. 

In Jesaja is daar vir vandag een kragtige waarheid, in die woord rede. Die oorspronklike Hebreeuse woord kan ook vertaal word as "debat" en selfs "stry." God nooi ons uit om ons vrae na Hom te bring. Hy kan dit hanteer.

Toe hulle broer, Lasarus, gesterf het, het Maria en Marta vir Jesus met sy aankoms gesê: "Here, as U hier was, sou ons broer nie gesterwe het nie." In die een en twintigste eeuse Engels: WAAROM?

Om te vra WAAROM beteken nie jy het jou geloof verloor nie. God se beste vriende het regdeur die Bybel WAAROM op verskillende maniere gevra.

Dit is moontlik om God met 'n rebelse hart te bevraagteken, Hom te probeer vertel wat om te doen. Dit is egter nie wat ek sê nie. 

Om jou vrae na God toe te bring soos 'n kind na 'n liefdevolle ouer sou bring, is presies wat jy moet doen. Moenie maak asof dit nie bestaan nie. (En dis nie nodig om vrae uit te dink as jy nie regtig so voel nie.) 

Bring jou vrae na God toe. Jy sal Hom nie kwaad maak nie. Deur dit te doen kan jou dikwels in die toekoms na 'n dieper verhouding met Hom lei. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Your Journey Through Grief

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.

More

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://drcarolbooks.com/