Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld
DAG SES: Jou Geliefde se Redding
Baie mense wonder of hulle geliefde ten tye van hulle dood gered was. As jy daardie onsekerheid in die gesig staar, mag jou droefheid veral pynlik wees. Jy mag as gevolg daarvan met nog meer vrae oor God worstel.
Onthou dat God nie 'n rede soek om jou geliefde uit die hemel te hou nie; Hy soek enige moontlike rede om hom of haar in die hemel in te bring. Hy begeer, nog meer as jy, dat jou geliefde die ewigheid saam met Hom sal deurbring.
Daar is ten tyde van jou geliefde se dood oor sy of haar ewige bestemming besluit. Jy weet egter nie wat dalk tussen jou geliefde en God gebeur het in die laaste oomblikke van sy of haar lewe op die aarde nie.
Dit neem net 'n oomblik vir iemand om vir Jesus ja te sê. Soos met die misdadiger aan die kruis. Wanneer 'n persoon na Hom uitroep, sê Jesus altyd ja. Daardie ja is die enigste ding wat besluit oor jou geliefde se ewige bestemming.
Wanneer jy in die hemel kom en vir Jesus al jou oorblywende vrae vra, sal dit vir jou moontlik wees om te sê: "Hy het alles goed gedoen." Jou geliefde se ewige bestemming is veilig by Hom.
Aangaande hierdie leesplan
Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.
More