Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

Your Journey Through Grief

DAG 7 VAN 14

DAG SEWE: Gesinsverhoudinge

In sommige gesinne bring 'n geliefde se dood geraamtes uit die kas. Familielede baklei oor die erfporsie, geld, en besittings. Jy mag dinge ontdek wat jy wens jy liewer nie geweet nie. 

In ander gesinne bring die dood van 'n geliefde die beste in mense na vore. Gesinslede ondersteun mekaar op belangrike maniere, en help mekaar deur die pynlike reis van droefheid. 

'n Man wat vir Jesus gevra het om sy broer te beveel om sy erfenis met hom te deel, was 'n geleentheid waar Jesus teen gierigheid gewaarsku het (Lukas 12:13-15). Dit beteken nie dat 'n erfenis onbelangrik is nie, net dat dit nie die belangrikste is nie. Herinneringe aan jou geliefde, en hoe jou verhouding met die oorledene jou beïnvloed het, is belangriker. 

Verhoudinge met gesinslede mag na die dood van jou geliefde verander. Jy kan nie beheer hoe ander gesinslede reageer nie, maar jy kan beheer en kies hoe jy gaan reageer. 

Kies dus om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie rouproses, en wees ook oop vir verbintenisse met jou familie, as hulle daarvoor te vinde is. Kies om mense en jou herinneringe aan jou geliefde, meer as ander dinge, na waarde te skat. Waar dit moontlik is, bly in verbinding met jou familie; dit is hulle wat waarskynlik na aan jou sal wees teen die einde van jou eie lewe. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Your Journey Through Grief

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.

More

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://drcarolbooks.com/