Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld
DAG TWEE: Koester God se Medelye
God kyk na jou met medelye wanneer jy rou. Jesus verstaan jou menslike beperkings.
Jou droefheid beïnvloed elke deel van jou. Fisiek mag jy beïnvloed word deur veranderinge in slaappatrone, verlies aan aptyt, en fisieke pyn. Jy mag sukkel om helder te dink, en jou emosies mag verwarrend voorkom en moeilik wees om te beheer. Jy mag oorweldig wees deur uitputting.
Gun jouself die soort genade wat God aan jou bied terwyl jy deur jou rou reis. Jy is 'n mens, met fisieke, emosionele en verstandelike beperkings. Sorg vir jouself in die eenvoudige areas soos om water te drink, elke dag gesonde kos te eet, genoeg oefening te kry en genoeg te rus.
Jou verhoudinge word ook beïnvloed deur droefheid. Wanneer 'n geliefde sterf, mag familie en vriende aan die begin om jou vergader om ondersteuning te bied. Vroeër of later gaan diegene wat daar was, egter terug na hulle eie lewens, maar jy rou nog steeds!
Weet dat in God se oë is die dood van jou geliefde belangrik. Dit maak vir hom saak. Hy sien jou raak en verstaan jou. Selfs wanneer ander mag vergeet, vergeet Hy nooit nie. Wanneer ander besig of afgetrokke is, is Hy altyd beskikbaar.
Wanneer dit lyk asof jy heeltemal alleen in jou verdriet is, onthou dat God daar is, of jy Hom kan sien en aanvoel, of nie.
Aangaande hierdie leesplan
Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.
More