'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld

Lifestyle Of Worship

DAG 7 VAN 7

Een Ding 

Psalm 27:4

"Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel." 

Dit is wat ek die meeste liefhet; om Hom te soek. 

Elke keer wanneer ek na die huis van die Here toe kom, word my gees, siel en liggaam verfris, in lyn gebring en hervorm volgens sy begeerte en wil. 

Blykbaar was 'n tempel nog nie gebou toe Dawid hierdie Psalm geskryf het nie. Hy sê dat hy begeer om omring te wees met God se teenwoordigheid, ingeslote en toegevou in sy heiligheid. 

'n Lewenswyse van aanbidding gaan oor hierdie een ding; om Hom te soek. 

Ons moet 'n diep verlange hê om Hom te ontmoet. Dit sal vereis dat ons bewustelike pogings aanwend om Hom beter te leer ken en bewus te wees dat sy teenwoordigheid bo alles verhewe is. 

In die Ou Testament word daar in Eksodus 33:7 van Moses geskryf: "Moses het 'n tent gevat en dit ver buite die kamp gaan opslaan. Hy het dit die tent van ontmoeting genoem". Vers 9 sê: "Sodra hy ingaan, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, en dan het die Here met Moses gepraat." 

In die Nuwe Testament word van Jesus in Lukas 5:16 geskryf: "Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid." In Markus 1:35 staan daar: "Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid."

Wat ons uit hierdie verse leer, is dat dit nie 'n opsie is om die Here te ontmoet nie, maar dat dit 'n mandaat is om hierdie een ding, sy teenwoordigheid, elke dag te soek. 

Ek wil graag 'n paar wenke uit my lewenservaring deel. Dit was nie vir my maklik nie, ek leer nog steeds. Ek het gesukkel om God gereeld te soek, maar Jesus het gesê: "Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik". Amen. Hy sal ons hande vashou, sodat ons op die regte pad bly. Ek glo egter wanneer ons regte besluite neem en ons prioriteite herrangskik, kan dit ons help om bestendig te wees. 

Ek het 'n spesifieke tyd in 'n dag daaraan toegewy om God in sy tempel te soek, en hierdie is oomblikke wanneer God sy hart aan my openbaar. Gedurende hierdie stil tye, het ek aanwysings vir my lewe gevind en het ek sy teenwoordigheid met 'n nuwe openbaring ervaar. 

Jy kan begin deur 15-20 minute aan Jesus toe te wy, soos die tyd geleë is, (maar hou by daardie vaste tyd) en aanbid Jesus, lees die Woord van God en bid. Jy sal verbaas wees hoe dinge in jou lewe meer duidelik word en vlotter verloop. Mettertyd sal jy gewilliglik jou stiltetyd met God verleng. 

Om Jesus te ontmoet, is die beste ding in ons lewens.

Kom ons maak dit ons Een Begeerte.

Har Ek Din Mein

Har Ek Shan Mein

Yeshu Chahiye Mujiko

(Tu Chahiye Mujiko - Psalm van Selvam

Dit beteken: in elke oomblik en elke dag, het ek U nodig, Jesus. U is al wat ek nodig het en U is al wat ek wil hê. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lifestyle Of Worship

Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.

More

Baie dankie aan Selvam Nadar en "India Revival" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://indiarevivalministries.org/