'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld
Om In Sy Teenwoordigheid Te Bly
Psalm 139:7
"U is oral. Daar is nie 'n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie."
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy nooit uit God se teenwoordigheid kan gaan nie — omdat Hy alomteenwoordig is?
Alomteenwoordig beteken om op dieselfde oomblik oral te wees.
Ek het al baie kere gevoel ek is onderdompel of verdrink in die teenwoordigheid van ons kosbare Heilige Gees.
Om in die teenwoordigheid van die Here te wees, is die veiligste plek om te wees.
Ons kan egter ook wegdryf in die wêreldse dinge en die begeertes van die vlees terwyl ons ons eie stryde en worstelinge met die vlees het.
Die psalmdigter gaan dan voort in Psalm 139 met die interessante opmerking: "Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!" Hy wil dus sê, dit maak nie saak waarheen ek gaan nie, ek kan nooit ver van God af wees nie, want Hy sluit my in — van agter en van voor.
Verskeie kere in my lewe het ek uit sy teenwoordigheid weggedwaal en dit is net wat die vyand wou hê. Dit is sy strategie om ons van Hom te isoleer. Tog is ek ewig dankbaar teenoor Jesus, want Hy is 'n God wat na die verlore skaap kom soek, terwyl Hy die 99 agterlaat.
Jesus het ons so lief, selfs voordat ons sing Mein Tujhse Pyaar Karta Hoon (Ek het U lief).
Dit is belangrik om te besef dat ons verlore is buite sy teenwoordigheid. Wanneer ons egter berou het en na Hom toe terugkeer, aanvaar Hy ons soos 'n liefdevolle Vader — net soos ons is.
Phir Ek Baar
Mein Lautha Hoon
Mein Daudtha Hoon
Tere Paas
Psalm deur Selvam — Pyaar Karta Hoon.
Dit beteken: weer eens kom ek na U, ek hardloop na U toe.
Iemand het eenkeer tereg gesê dat die Christen se lewe daaruit bestaan om herhaaldelik na Jesus toe te hardloop.
Om vinnig berou te toon en terug te keer na die teenwoordigheid van Jesus, is 'n sleutel tot die Christen se lewe.
'n Lewenswyse van aanbidding is die lewe waar ons besef en weet dat sy teenwoordigheid al is wat ons wil hê.
Kom ek bemoedig jou dus vandag: as jy ver van God af voel, kom nader na Hom en Hy sal nader na jou toe kom. Dit is nie te laat nie. Jy het nou die geleentheid om Hom vir sy teenwoordigheid te vra — Hy sal jou dadelik vul.
Dankie Jesus, vir u teenwoordigheid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.
More