'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld
Aanbidding Is Oorlogvoering
Psalm 18:34
Ons wapen is 'n wysie - "Raise a Hallelujah" (deur Jonathan Helser).Ek gaan die geveg binne met krag om my vyande te verjaag en te oorwin.
Psalm 18 begin met die inleiding: "'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul."
Kom ons erken dit. Elkeen van ons wat Jesus vandag liefhet en Hom as ons Verlosser aanvaar het, het 'n vyand. Dit is nie 'n man of 'n vrou nie, maar die duiwel wat deur mense, hongersnood, armoede, siekte, en nog meer, mag werk. Efesiërs 6:12 sê: "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug."
Kom ek vestig jou aandag op wat koning Dawid in hierdie vers sê: die Here het hom opgelei om met die wapen van aanbidding oorlog te voer.
Dis reg, aanbidding is ons wapen. Lofprysing is ons wapen.
Ons wapen is 'n wysie — "Raise a Hallelujah" (deur Jonathan Helser).
Volgens Lukas 9 en Psalm 91, is mag en gesag in die Naam van Jesus aan ons gegee; om al die duiwels uit te dryf en om siektes te genees, om op die leeu en die adder te trap, en die jong leeu en die slang te vertrap.
Ons aanbidding en lofprysing aan Jesus het die mag om dinge onderstebo te keer, tot die eer van God en tot ons voordeel.
Ek onthou een nag, terwyl ek besig was om Jesus te aanbid en te prys, het my ma skielik uit die slaap wakker geword en gesê sy het in 'n visioen gesien hoe 'n hele klomp demone van ons straat af wegvlug terwyl ek gesing het.
Daar is baie gevalle in die Bybel waar aanbidding en lofprysing oorwinning aan konings en die volk van Israel gegee het, maar hier wil ek iets deel wat ek persoonlik ervaar het.
In Julie 2016, nadat ek 'n nuusberig gelees het oor die droogte in Latur (Indië), het God dit op ons harte gelê om te gaan en Jesus daar te prys en aanbid. Ons het vertrou op die woord van God in Psalm 67:6-7, wat sê: "Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën." Saam met die liggaam van Christus in Latur, het ons Jesus aanbid en geprys en sy belofte vertrou dat die land sy opbrengs sal lewer. Die nuusberig in die "Indian Express" van 1 Augustus 2016, het as volg gelees: "Die Manjararivier, die lewensaar van die stad Latur, wat tot verlede week nog kurkdroog was, is nou in vloed."
Nuusberig se prent:
Koerant se skakel - Indian Express 1 Aug, 2016
Ons God is baie kragtig!
Wanneer ons Jesus verhoog, tree Hy ons omstandighede binne. Wanneer Hy ingryp, is die geveg nie meer ons s'n nie, maar syne.
'n Lewenswyse van aanbidding is 'n lewe van gesag, in die wete: as ons Jesus aanbid en prys, dan dien ons die Koning van die konings en die Here van die here. Hy is magtig in die oorlog en dis Hy wat ons vir oorlog oplei.
Jy mag dalk 'n reus soos hierdie hongersnood of enige ander uitdaging in jou gesin in die gesig staar; kies vandag om jou stem te verhef en God te prys. Jy sal 'n deurbraak in jou lewe en omstandighede sien en jy sal jou vyande oorwin.
Ons het gesag in die Naam van Jesus.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.
More