'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld

Lifestyle Of Worship

DAG 2 VAN 7

Meer as 'n Lied

Spreuke 21:3: 

"Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring."

Hierdie vers maak ons oë oop, veral vir dié van ons wat Jesus graag wil aanbid deur ons musiek en aanbidding. Om te begryp dat aanbidding meer as 'n lied is, meer as 'n melodie, as musiek of selfs lirieke, sal jou halfpad deur die openbaring bring van wat aanbidding is.

Wat is aanbidding of 'n lewenswyse van aanbidding dan?

God het hierdie definisie van aanbidding op my hart gelê, en ek glo dat dit ook in jou hart aanklank sal vind:

Aanbidding is die houding van ons harte wat voor God buig, met 'n gesindheid om Hom prioriteit en eer in en deur ons lewens te gee.

Dit hoef nie noodwendig 'n lied of 'n geoefende manier van aanbidding te wees nie.

Koning Salomo definieer aanbidding as iets om te doen wat reg en aanvaarbaar vir die Here is. Om dit eenvoudig te stel, verklaar hy dat om God te verheerlik deur ons daaglikse doen en late, deel van aanbidding is. Ek is dankbaar teenoor God vir hierdie openbaring in ons harte vandag terwyl ons die Skrif lees.

Vir God sal ons liedere en musiek nie sin maak as ons net liedere sing sonder dat ons harte op Hom en sy hart ingestel is nie. Ons aanbidding sal Hom werklik verheug wanneer ons harte voor Hom reg ingestel is.

Ek word herinner aan Abel en Kain se offers. Die verskil tussen die twee broers was hulle harte en gesindhede om die beste aan die Allerhoogste God te bied.

Dít was die vangplek. Dit het nie oor die offer gegaan nie, maar oor die hart.

Ons aanbidding van God sal vir Hom aangenaam wees wanneer Hy óns aanvaar voor Hy ons liedere aanvaar.

Romeine 12:1 sê: "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."

Liedere en musiek maak deel uit van ons aanbidding van Jesus, maar 'n lewenswyse van aanbidding is meer as 'n lied.

Die lewenswyse van aanbidding behels beslis 'n lewe wat vir God aanneemlik is en met 'n houding van toewyding en nadering tot die groot Ek Is.

O, hoe verlang my hart om Jesus te aanbid!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lifestyle Of Worship

Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.

More

Baie dankie aan Selvam Nadar en "India Revival" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://indiarevivalministries.org/