'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld
Leef Jou Doel Uit
Psalm 138:8:
"Die Here sal vir my alles goed laat afloop."
Almal op hierdie planeet het 'n doel en daarom is ons hier. Kom ek vertel jou hoekom ek vol vertroue hieroor is.
Genesis 1 sê dat, toe ons God die hemel en die aarde en alles daarin geskape het, Hy gesien het dat alles wat Hy gemaak het, goed was. Dus, niks is sommer net gemaak nie, maar met 'n goeie doel, waarvan ons selfs vandag kan getuig.
Ons is nie per toeval op hierdie planeet nie, maar weens sy ewige plan en doel.
Het jy al teruggedink en ontleed hoekom en waarvoor jy hier is?
As jy na die lewe van Jesus in die Evangelies kyk, sal jy sien dat elke aktiwiteit en interaksie waarin Hy betrokke was, 'n doel gehad het. Daarom het Jesus gesê: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om Sy werk te volbring" (Johannes 4:34).
Wat ons hieruit kan leer, is dat elkeen in hierdie wêreld gestuur is met 'n opdrag van die Vader, wat voltooi moet word.
'n Lewenswyse van aanbidding beteken om die kennis te hê dat ons bestaan om die wil van die Vader te doen en dit uit te leef.
Baie mense is dalk nie seker oor die doel van hulle lewens nie.
Moenie bekommerd wees nie. Ons God onthul die doel van ons lewens aan ons op 'n eenvoudige manier in Jesaja 43:21. Hy sê: "Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig."
God het ons vir Homself gemaak. Dit beteken eenvoudig: "God besit ons".
Ons is gemaak om die lof van die almagtige God te verkondig. Wat beteken dit? In elke aspek van ons lewens moet die lof van God gehoor word.
In Graad 9 het ek die skool verlaat en by verskillende plekke begin werk. Een mooi dag, terwyl ek besig was om tee voor 'n teater te verkoop, het ek tot my sinne gekom en 'n gebed gebid en my lewe toegewy. Ek het gebid: "Vader, wat ek ook al doen, ek sal U prys en U eer."
Ek het nie toe daardie gebed verstaan nie, maar ek verstaan dit nou, wanneer ek sien hoe God my in staat gestel het om Hom te eer en te prys in alles wat ek van daardie oomblik af gedoen het. Of dit my studies was, my werk of my lewe. Ek onthou dat ek 15 jaar gelede in die kerk vir God gesing het (in 'n klein byeenkoms), met 'n gesindheid van eer aan Hom. Ek het meeste van die tyd vals gesing en het nie eens geweet hoe om 'n instrument te bespeel nie.
Jy mag dalk nog nie jou doel in die lewe uitgevind het nie of dalk streef jy dit nog na, maar laat ek jou vandag bemoedig om net te leef en om alles wat jy nou doen, met 'n gesindheid van eer en lof aan ons God te doen. Dan sal God begin om sy doel vir jou te openbaar.
Wanneer ek nou as vennoot in 'n menslike hulpbronne firma werk of liedere vir kerke skryf, weet ek my doel is om die lof van die lewende God en die liefling van my siel, Jesus Christus, te verkondig.
'n Lewenswyse van aanbidding sal jou na 'n doelgerigte lewe lei.
Neem vandag die geleentheid om hierdie gebed met die regte gesindheid, in die Naam van Jesus te bid, in die wete dat die Here sy doel met jou sal bereik, en jy alles sal doen om die lof van God te verkondig.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidding verbeter en jou in staat stel om 'n lewe van aanbidding te lei. Hierdie oordenking het getuienisse en praktiese wenke vir 'n lewenstyl van aanbidding.
More