Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld
Dag 2
My Teenwoordigheid Sal Saam Met Julle Gaan
Die eerste vaderlike eienskap in Eksodus is een van die belangrikste vir enige soort verhouding: Hy is dáár.
"Toe het die Here gevra: 'Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?'" (Eksodus 33:14).
Toe Moses gevra het wie saam met hom sou gaan, het God gesê: "Ek sal saam met jou gaan". Ons vind dit regdeur die Woord. Waar jy ook al gaan, God sal daar wees.
My pa het baie gereis toe ek jonk was. Toe ons in Engeland gewoon het, was Pa soms maande aaneen in die Verenigde State. Ons het hom vreeslik gemis. Een van die redes waarom ons in 1970 na Milwaukee verhuis het, was sodat my pa meer in ons lewens betrokke kon wees — sodat hy meer “daar” kon wees. Gedurende die jare van sy afwesigheid het my ma my op die "Vaderskap van God" gewys. Sy het my geleer dat Hy altyd daar is, maak nie saak waar ek is of waarmee ek besig is nie. Terwyl pa weg was, is ek gedwing om na God se Vaderskap in my lewe te soek … en sy teenwoordigheid het vir my 'n werklikheid geword.
God is nou saam met jou, selfs terwyl jy hierdie woorde lees — intiem betrokke in jou persoonlike lewe as 'n baie teenwoordige Vader. Geen berg is te hoog, geen vallei te laag, geen rivier te breed om Hom van jou af weg te hou nie. Jy kan selfs probeer om van God weg te hardloop of jou rug op Hom te draai, maar die oomblik wanneer jy ophou, sal jy besef dat Hy nog steeds daar by jou is.
Oordink die volgende:
"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou" (Sefanja 3:17).
God is nie net mét jou nie, maar Hy geníét dit om by jou te wees! Hy wil jou op elke moontlike manier liefhê.
Vader, dankie vir u konstante teenwoordigheid. Dankie dat U my lief genoeg het om my nooit te verlaat nie. Help my asseblief om te onthou dat U altyd by my is. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.
More