In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 6 VAN 14

Hou moed!

Die ongelooflike agt dae tydperk vanaf Palmsondag tot Paasfees is gewoonlik deur dankbare Christene die "heilige week" genoem. Dit was die grootste vertoon van God se verlossingswerk wat die wêreld nog ooit gesien het, selfs groter as die skepping. Dit het niks minder verteenwoordig nie as die Verlosser se magtige oorwinning oor die mensdom se verskriklikste vyande: sonde, die Satan, die dood, oordeel en die hel.

Vir die grootste gedeelte van die week was Jesus se dissipels egter onder groot spanning. Baie van die dinge wat Jesus hulle vertel het, het op daardie tydstip geen sin gemaak nie en hulle het niks gehou van dít wat hulle wel verstaan het nie. Op die Donderdag van daardie wonderlike week het hulle een laaste Pasgamaaltyd saam met Jesus genuttig en toe die heel eerste nagmaal gehou en het die brood en wyn as simbool van sy liggaam en bloed ontvang. Jesus het hulle stowwerige voete gewas, een vir een, as 'n kragtige vertoon van dienskneg-leierskap.

Die grootste gedeelte van daardie aand het Jesus die dissipels onderrig. Dit was 'n ontnugterende voorskou van die oorlogvoering en moeilikhede wat vir hulle gewag het, en vir elkeen wat die Here en sy Koninkryk openlik sou dien. Dit was egter ook 'n kalm en rustige verklaring van finale oorwinning aan almal wat aan Jesus in die geloof verbind is. "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" (Johannes 16:33).

Hier is vandag hoop vir alle gelowiges wat kla en bang is. Die Bybel leer ons dat ons lewens in Christus geborge is. Van buite mag dit lyk of ons wegkwyn, maar dit is oë verblindery. Die werklikheid is dat ons lewens, ons hoop, ons verhoudings in Christus se wonderlike hande is. Wanneer jou lewe vol moeilikheid is, hou moed! Christus het oorwin. Hy het gewen, jy wen. Haal nou maar weer asem.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

More

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org