In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 10 VAN 14

Daar is geen veroordeling

Die Here Jesus, God van alle tye af, het vlees geword en vir 'n paar redes as mens op aarde kom leef. Die hoofrede is egter om húlle wie se lewens in slawerny is weens hul vrees vir die dood, vry te maak, soos die skrywer aan die Hebreërs dit in die tweede hoofstuk stel.

Jesus het vir ons 'n plaasvervangende lewe geleef, onderworpe aan al die wette van God en die mens — en het hulle volkome nagekom. Hy het sy liggaam aan misbruik en lyding oorgegee, wetende dat Hy só die straf wat ons verdien, volkome op Hom geneem het. Uiteindelik het Hy Homself aan die dood oorgegee en deur die groot ruiltransaksie wat op Golgota plaasgevind het, het óns dood sý dood geword en sý onskuld óns s'n.

Die resultaat? "Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood" (Romeine 8:1-2). Hier is die redes waarom jy God nooit weer hoef te vrees nie: jy is van jou sondes vrygespreek — almal van hulle, objektief, gratis, lank gelede, sonder verwysing na jou prestasies. Dit is 'n erfenis, nie 'n betaling nie. Dit is joune — almal wat dit glo, het dit.

God bedoel dit werklik — geen veroordeling beteken géén veroordeling. Jy kan nou weer asem skep.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

More

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org