In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 8 VAN 14

Dit is volbring

Een van die twee belangrikste dae in die mensdom se geskiedenis het maar normaal gelyk vir sommige Romeinse soldate. Dit was hul onbenydenswaardige taak om drie openbare teregstellings in Jerusalem uit te voer op die dag voor die pasga se sabbat. Hulle het hul taak met gruwelike en doeltreffende bekwaamheid uitgevoer, terwyl hulle die spykers in die slagoffers se hande en voete ingeslaan het.

Twee van die gekruisigdes het hulle pyn en haat uitgeskreeu. Die Een in die middel het sy lyding in stilte gedra en net een maal gepraat — om sy Vader te vra om sy martelaars te vergewe. Terwyl Jesus gesterf het, het dit tot die offisier wat in beheer van die kruisigingspan was, deurgedring Wie dit is wat daar voor hom hang: "Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: 'Hierdie man was werklik die Seun van God'" (Mark 15:39).

Die offisier het daardie dag na sy barakke teruggegaan en drie goed saamgedra: sy deel van die klere wat hulle van die tereggesteldes gevat het; die verskriklike skuldgevoel dat hulle nie net 'n onskuldige man gekruisig het nie, maar die Seun van God; en 'n evangelie boodskap van vergifnis wat selfs uitreik tot by 'n moordenaar soos hy.

Daar is baie wat ek en jy ook uit hierdie wonderlike toneel kan wegneem, maar twee daarvan staan uit. Eerstens, die kruisiging van Christus wys vir ons hoe sleg ons sonde eintlik is. Tweedens, sy kruisiging wys ons dat die losprys van vergifnis wat Hy vir almal betaal het, suksesvol afgehandel is. Dit is verby met die Satan. Christus het jou vrygemaak.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

More

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org