In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld
Nederige grootsheid
Die eerste stories oor Jesus waarvan kinders waarskynlik die meeste hou, gaan oor sy krag. Wat 'n werker van wonders is Hy nie! Heer van die see, Meester oor storms, Oorwinnaar oor siektes, Oorwinnaar oor duiwels, Opwekker van dié wat dood is — daar is niks wat Hy nie kan doen nie. Hy is die oppermagtige superheld, baie beter as Batman of Superman.
Soos mens ouer word, leer jy egter meer waardering vir Jesus se dade van nederige diens. Een van sy kragtigste stories in die hele Woord is die voetewas-episode. 'n Paar uur voor sy kruisiging, leer Hy sy dissipels 'n onvergeetlike les van hoe dienaar-leierskap lyk.
Terwyl Hy voor elkeen kniel, vat hy 'n skottel met water en 'n handdoek en was hulle voete. "Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? ... As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete was" (Johannes 13:12,14).
Dit is deur diens en lyding dat Jesus ons verlos het. Dit is sy voorbeeld van nederige diens wat ons houding elke dag inspireer en bepaal. Sou die mense om jou sê dat jy ten minste soms hardkoppig, trots of selfs arrogant lyk of klink? Is jy geneig om vanselfsprekend 'n aksieplan te kies waar jou gemak, jou wense en jou plesier voorrang geniet?
Hoe lyk voetewas-nederigheid in jou huis? Maak 'n lys van drie voorbeelde en doen dit vandag.

Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.
More
Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org