In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld
Jy sal ook lewe!
Ons hou almal van stabiliteit in ons lewens. Ons hou daarvan om aan te neem dat alles dieselfde sal bly, hanteerbaar. Ons is bang vir ontwrigtende veranderinge — om tydelik by die werk afgelê of afgedank te word, beserings in 'n motorongeluk op te doen of met 'n siekte gehospitaliseer te word. Erger nog — ons is bang om geskuif te word na 'n siekeboeg of 'n versorgingseenheid.
Marta se nagmerrie het waar geword — Jesus, die Geneesheer, het te laat in Betanië aangekom om haar broer, Lasarus, te red. "Marta sê toe vir Jesus: 'Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.'" "Jesus sê toe vir haar: 'Jou broer sal uit die dood opstaan'" (Johannes 11:21,23).
Dit is leë praatjies van een sterfling aan 'n ander. Daardie woorde het egter van Jesus af gekom, Here en Meester oor sonde, siekte, die dood en die hel. Sy opstanding het aan Hom die krag en outoriteit gegee om die dood ongedaan te maak. Hy het daardie krag ten toon gestel by Lasarus se graf deur die dooie man te beveel om uit te kom en te lewe. Daardie dooie man wat opgewek is, wys wat Jesus op 'n groot skaal aan die einde van alle tye gaan doen.
Die opstanding van Jesus kalmeer ons diepste vrese. Die opstanding van Jesus waarborg die vergifnis van ons sonde. Daar is geen veroordeling vir hulle wat in Christus glo nie. Die opstanding van Jesus is jou waarborg. Hy leef. Jy sal ook.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.
More
Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org