In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 13 VAN 14

Die groot storie

Die manjifieke piramides van Egipte is eintlik gebou as grafte vir die Faraos. Die liggame van Djoser, Khufu en Khafra, versigtig gemummifiseer en toegedraai, is daar begrawe. Die grafkamers is egter vandag leeg. Jesus Christus is tereggestel soos die ergste van misdadigers, maar is begrawe soos 'n prins in 'n nuwe rotsgraf. Sy grafkamer is egter ook leeg, MAAR vir 'n totaal ander rede. Grafdiewe het die Faraos se grafte geplunder. Jesus self het lewendig uit sy graf gestap.

Jy sou verwag dat ongelowiges nie die Paasverhaal glo nie. Jy sal egter verbaas wees om te weet hoeveel Chrísten leermeesters besig is om die gedagte te versprei dat die opstanding van Christus iets anders behels as die opwekking van sy afgestorwe liggaam. Ons Verlosser was egter regtig, regtig dood. Geen pols nie. Geen asemhaling nie. Geen breingolwe nie. Ons Verlosser is egter nou regtig, regtig lewendig.

Dit is die groot storie! Die liggaamlike opstanding van Jesus Christus is die Vader se eie openbare seël van aanvaarding op sy Seun se ganse lewenswerk. "En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud" (1 Korintiërs 15:14). As Christus se liggaam steeds dood is, is jy nog steeds in jou sondes. Jou skuld is nooit gedelg nie. Jou eie liggaam sal nooit sy graf verlaat nie.

Christus is wel opgewek. So ook ons hoop. "Ek glo in die opstanding van die vlees", sê ons in die geloofsbelydenis. Glo jy dit? Hulle wat dit glo is vergewe en onsterflik.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

More

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org