In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 11 VAN 14

Wie het dit gedoen?

Die wreedaardige kruisiging van Jesus Christus skep beslis genoeg blaam vir almal om te dra. Die Jode se godsdienstige leiers het Jesus se middernagtelike inhegtenisname beplan. Judas het Hom met 'n soen verraai. Die Joodse raad het Hom op valse aanklagte skuldig bevind. Die Romeinse regstelsel het Hom opgeoffer om 'n skare te kalmeer.

Verbaas dit jou om te weet dat God die Vader se hand van tug agter alles was? Sowaar! Die profeet Jesaja neem ons agter die skerms om die ware betekenis van die oorsaak van Christus se lyding en dood te sien. "Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly" (Jesaja 53:10). Hy het sy lewe as skuldoffer gegee. Ons is onder die skuldiges wat Hom doodgemaak het, want ons sonde maak ons medepligtiges. God die Vader het Hom gestraf in plaas van vir ons en Hy het die houe en die spykers gekry, want 'n hele wêreld se sonde is gestraf.

Deur Christus se wonde is ons genees. Deur 'n fantastiese Goddelike uitruiling is ons skuld op Hom geplaas en sy heiligheid op ons. Deur jou geloof in Christus kyk die Vader nou na jou asof jy nooit gesondig het nie, asof jy so heilig is as sy Seun.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

More

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org