In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld
Wat bedoel jy "Voetewas"?
Die aand van Jesus se inhegtenisname en veroordeling in Joodse en Romeinse howe het stil begin met die jaarlikse Pasgamaaltyd in 'n bokamer in Jerusalem. Jesus het daardie finale goue ure van vryheid gebruik as 'n geleentheid van onderrig. Baie van wat Hy gesê en gedoen het, het die dissipels geskok: Hy het afgebuk en hulle voete gewas, Hy het sy dood en opstanding voorspel en toe sê Hy die volgende: "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê" (Johannes 13:34).
Vroeër in hulle opleiding het Hy hulle geleer dat gehoorsaamheid aan die woorde van Christus die handelsmerk van 'n ware gelowige is. Nou voeg Hy 'n “nuwe” opdrag by wat nie regtig nuut was nie, maar tydloos: “julle moet mekaar liefhê.” Wat dit nuut maak, is dat ons sondige aard voortdurend selfsugtige gedagtes, selfsugtige woorde en selfsugtige optrede voortbring. Soos wat Christus se vergewende genade elke oggend vir ons nuut is, en vir ons 'n geestelik verfrissende uitstorting van vergifnis gee, kan ons opnuut kies om ander mense te behandel soos Christus ons behandel — met geduldige, standvastige, onvoorwaardelike liefde.
Die Latynse woord vir "opdrag," is "mandatum," wat waarskynlik sy oorsprong by die spesiale Donderdag voor Jesus se dood gekry het. Terwyl ons aan daardie verskriklike aand dink en die beelde van die Lam van God wat die Pasga-lam saam met sy vriende eet, nederig hulle voete was en die geheime van God se woorde ter wille van hulle ontsluit, kan ons net geïnspireer wees. Geïnspireer om lief te hê.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.
More
Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org