In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld
Dit is tyd
Een van die eerste dinge wat jy sal opmerk as jy ooit na my huis toe kom, is dat ek 'n ding met horlosies het — in my sitkamer alleen is daar ses. Almal is meganies; daar is iets omtrent die getik en die slag van die horlosie wat my siel rustig maak. Ek moet seker maar 'n innerlike vrees hê vir laat wees. Miskien onderdruk al die horlosies my vrees dat ek iets belangrik gaan mis.
Jesus het altyd geweet wat die regte tyd vir iets was — tyd om te genees, tyd om te onderrig, tyd om tereg te wys, tyd om stil te raak, tyd om fees te vier. Sy Vader het Hom ook laat weet toe dit tyd was om te sterf. Jesus het sy dissipels ingelig dat hulle reisende, onderrig-bediening amper verby was. "Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word" (Matteus 16:21). Hy het geweet dat sy koninklike ingang in Jerusalem op Palmsondag sy laaste sou wees.
'n Groot wonderwerk het tussen die palms gebeur. Die groot skare mense het herken dat die stil man op die nederige donkievul hulle Messias was, die vervulling van al die Ou Testamentiese geskrifte. Hul hosannas het gewys dat hulle geweet het watter tyd dit is — dat hul Koning direk in hulle lewens ingery het en hul trou geëis het.
Ken jy die regte tyd? Dit is tyd vir jou om op te hou twyfel en vir Jesus Christus as jou Heer en Koning op te eis. Deur sy woord, deur die geplas van die doopwater, deur sy liggaam en bloed wat gedurende die Here se laaste ete gegee is, kom Jesus vandag persoonlik na jou toe, net soos Hy in daardie tyd gedoen het. Die palms roep jou: aanbid Hom nou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.
More
Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org