Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

DAG 4 VAN 7

Aandete Saam Nuttig  

Ek kan die dinge waarop my vrou aandring, op een hand tel. Om saam aandete te hê is een van hulle.

"Wanneer sal jy tuis wees?" sal sy vra. "Ek is bietjie vas ... dit sal nog 'n rukkie neem" sal my antwoord wees. Glad nie geïntimideer nie, sal sy antwoord: "Maak jouself los en kom op die pad. In hierdie gesin eet ons aandete saam. Dit sal gereed wees en ons sit om 6:30 aan vir ete!"

Ek oordryf dalk 'n bietjie, maar nie baie nie. My vrou dring gereeld aan dat ons elke aand as 'n gesin saam aandete nuttig. Aan die begin, kon ek nie heeltemal ingesien het hoekom dit so belangrik is nie.

Met die verloop van tyd, veral toe my kinders eers adolessensie bereik het, het ek die waarde daarvan ingesien. Dit was die een keer per dag wat ons van aangesig-tot-aangesig kon saamwees. Ons het oor dinge gesels. Ons kon hulle hartsgevoelens hoor en hulle ons s'n. Hulle kon sien hoe hulle ouers gesels, saamwerk, en mekaar liefhet. Broer en suster het daar gesit vir 'n dosis "gesin".

As dit nie by die huis is nie, waar sal jou kinders leer oor toegewyde liefde, gesinsdinamika, lojaliteit, empatie, verhoudings-probleemoplossing, en vergifnis? Wie sal hulle op die huwelik en gesinslewe voorberei? Ek is nie bewus van 'n "manwees skool" of 'n "vrouwees skool" waar jou kinders hierdie soort dinge kan leer nie.

Vraag: Eet jou gesin by die huis gereeld saam? Vra jouself: "Twintig jaar van nou af, sal wat hulle van buitemuurse aktiwiteite geleer het, meer belangrik wees as Gesin 101?"

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.

More

Baie dankie aan Radical Mentoring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://radicalwisdombook.com