Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

DAG 3 VAN 7

Skape Sonder 'n Herder

Kinders is soos skape. Hulle is op pad na onafhanklikheid, maar terwyl hulle groei, is hulle gedrewe deur hulle jeug en energie — en bedreig deur hulle gebrek aan ondervinding.

Soos skape, het hulle 'n herder nodig ... iemand wat 'n ogie oor hulle kan hou. Hulle het 'n pa nodig. 'n Regte vader. Ongelukkig ken ek baie kinders wat sonder 'n herder grootword.

Hopelik is jy een van die pa's wat ernstig oor jou herderlike plig is. Wat doen 'n herderlike vader? 

  1. Omsien — Net soos herders weet waar hulle skape is, sien vaders na hulle kinders om ... liggaamlik, in verwantskappe en geestelik. 
  2. Lei — Herders hou hulle troppe bymekaar. Pa's het dieselfde verantwoordelikheid, en dit begin deur by sy vrou te bly. Jy kan nie jou klein skapies bymekaar hou as jy toelaat dat die twee groot skape uitmekaar dryf nie.
  3. Voed — Herders is die vernaamste voorsieners van hulle skape. Dis wat pa's vir hulle kinders moet doen. 'n Pa moet nooit 'n lamsak wees nie ... veral nie een wat 'n Christen is nie. Benewens om in die liggaamlike behoeftes van kinders te voorsien, moet pa's ook onbeperkte, onvoorwaardelike liefde aan hulle kinders betoon, asook om aan hulle geestelike voedsel te verskaf.
  4. Beskerm — Herders doen alles wat nodig is om hulle skape te beskerm teen enigiemand of enigiets wat hulle wil seermaak of op 'n verkeerde pad lei. Pa's beskerm hulle kinders van eksterne bedreigings en vermy dit om hulle aan woede, onnadenkendheid of verwaarlosing bloot te stel. 

Die meeste pa's sal 'n kudde van nege-en-negentig verlaat om hulle een verlore skaap te gaan soek. Sal jy ook na jou skape omsien, hulle lei, voed en beskerm?

Vraag: Skenk jy genoeg aandag sodat jy sal weet wanneer een van jou skape afdwaal?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.

More

Baie dankie aan Radical Mentoring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://radicalwisdombook.com