Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld
Wat Sal Jou Volgende Generasie Nalatenskap Wees?
"Wat 'n pa met ywer nastreef, sal sy kinders in matigheid nastreef. Wat 'n pa in matigheid nastreef, sal sy kinders ignoreer ... en jy sal nie weet hoe jy gevaar het nie tot jy sien wat jou kleinkinders doen!"
Toe ek die eerste keer 'n spreker dit hoor sê, was ek woedend. Dit kan nie waar wees nie, nie altyd nie. Maar toe gebruik hy talle voorbeelde vanuit die Skrif.
Abraham. Uitverkoop. Gehoorsaam. Het die woord geloof geskep. Isak sy seun? Beslis 'n godvresende man, maar daar was hierdie ding om teen God se instruksies te gaan en af te trek na Egipte toe. En daar was daardie tyd wat hy voorgegee het dat sy vrou sy suster was, 'n sondige voorbeeld wat hy jare gelede by sy vader geleer het.
Dra die spreker se teorie enige waarde wanneer jy na hulle kinders se kinders kyk?
Isak se kinders, Jakob en Esau was godvresend. Maar wat van die bedrog wat Jakob gepleeg het om die geboortereg te kry? En Esau se impulsiwiteit om dit te verruil vir 'n bakkie lensiesop?
Die punt is ons as pa's moet God met ywer nastreef, en nie met middelmatigheid nie. Ons kinders is onbewustelik besig om te besluit hoe belangrik hulle geloof vir hulle sal wees, deur te kyk hoe belangrik ons geloof vir ons is.
Moenie kanse waag nie. Gaan voluit. Maak die keuse om 'n openbare, uitverkope, beperkingsvrye, biddende, tiende-gewende, liefdevolle, genade-vervulde volgeling van Jesus te wees.
Jy kan weet, ten minste van vandag af vorentoe, dat jy vurig in jou strewe na God is. Laat niemand jou ooit weer middelmatig noem nie.
En dalk sal jou kleinkinders 'n kans hê!
Vraag: Sal jou kinders jou beskryf as vurig in jou liefde vir Jesus?
Het hierdie leesplan jou as n vader uitgedaag?
Leer meer oor die volle Radikale Wysheid oordenking.
Aangaande hierdie leesplan
Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.
More