Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

DAG 1 VAN 7

Jy Kry Wat Jy Verheerlik

Het jy al ooit gekyk hoe 'n jong meisie deur haar ma "opgemaak" word, hoe sy bekendgestel word aan grimering, blosser, oogomlyner en lipstiffie terwyl sy nog 'n kind is? Dan word sy vertel hoe pragtig sy is, nie omdat sy eintlik is nie, maar omdat sy (of haar ma) so hard probeer.

Was jy al ooit by 'n junior rugby wedstryd en gekyk hoe 'n pa met vreugde skreeu oor sy seun se uitmuntende lopie of oor die drie wat hy gedruk het? Palms word oral in hoë-vyfs teen mekaar geslaan soos hy oorduik en punte aanteken.

Ek het al lank genoeg gelewe om te sien hoe van hierdie jong seuns en dogters mans en vroue geword het, en ek het tot die slotsom gekom dat jy kry wat jy verheerlik!

Wanneer ons ure en baie rande bestee aan klere vir ons kinders en adolessente, veroorsaak ons dat hulle grootword as mense wat oormatig bekommerd is oor die dra van modieuse klere. As die enigste ding waarmee ons ons seuns verheerlik, 'n sportsprestasie is, gaan ons sportbehepte mans kry wanneer hulle grootword.

Daar is niks verkeerd met klere of grimering nie, en daar is niks verkeerd met sport nie.

Maar wees bewus van wat jy in jou kinders verheerlik.

In my woordeskat kan die woord "verheerliking" geruil word met die woord "prys." Wat jy in jou kinders prys, is wat hulle vir hulself sal nastreef soos hulle grootword.

Oorweeg dit om jou kind se vriendelikheid teenoor ander te verheerlik. Sien dit raak wanneer hulle iets vir hulle broer of suster doen. Prys hulle daarvoor. Verheerlik hulle omdat hulle bid, die Bybel lees, uitvra oor Jesus en geld gee aan die kerk, liefdadigheid of die armes.

Onthou, jy is elke oomblik besig om te lei. Die vraag is waarheen.

Vraag: Sal jy op so wyse lei deur te verheerlik wat jy hoop om te kry wanneer jou kinders tot volwassenheid groei?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.

More

Baie dankie aan Radical Mentoring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://radicalwisdombook.com