Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

DAG 2 VAN 7

'n Vader met Min Spyt

Daar was 'n era in besigheid toe die "rasionele metode" van besluitneming geheers het. Ons het formules ontwikkel en gemik na die hoogste waarskynlikheid van sukses en die laagste van mislukking. Ons het die kans gevat dat indien ons iets op 'n sekere manier doen, ons meestal sou wen.

As vaders, wil ons nie "kanse vat" as dit by ons kinders kom nie. Dit maak nie saak wat ons doen nie, ons kan nie waarborg dat hulle as volwassenes vir Jesus sal volg nie. Maar ons kan besluite neem wat tot die laagste moontlike faktor van spyt vir onsself lei! Ons kan kies om nie dinge te doen waaroor ons later sal spyt wees nie.

So baie mans leef met littekens van pa's wat nie hulle tonge en humeure kon beheer nie. "Vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil" (Efesiërs 6:4). Soms moet ons stilbly. Beheer jou kritiek en woede. Ons besef nie altyd dat ons dit doen nie ... tot dit gedoen is.

Ons wou graag woorde van lof en aanvaarding van ons pa's hoor, maar min van ons het. Dit is ongelooflik hoe trots ons verlam. Ons sal meganiese bulle, motorfietse en branderplanke ry, maar ons sal nie deur ons vrese worstel om dalk vreemd of sag te klink wanneer ons vir ons seuns en dogters vertel hoe spesiaal hulle is en hoe lief ons hulle het nie.

Is jy geheel en al daar vir jou kinders? Is jou vaderskap van so aard dat jy met verloop van tyd die kleinste faktor van spyt sal hê?

Vraag: Sal jy God vra om jou te wys waaroor jy as 'n vader jare in die toekoms die meeste spyt sal wees? Vra Hom dan om jou die moed te gee om dit aan te pak.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Radical Wisdom: A 7-Day Journey For Fathers

Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.

More

Baie dankie aan Radical Mentoring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://radicalwisdombook.com