Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir VadersVoorbeeld
Oorvloed teenoor Skaarste
Ouerskap is moeilik. Dit is een van die moeilikste take nog. Daar is geen handleiding, geen gevestigde formule nie en God verwar ons verder deur elke kind anders te maak. Met verloop van tyd gryp jy enige beginsel aan wat sin maak; jy probeer dit, en as dit werk, word dit joune.
Dus gaan ek een voorstel maak: skep 'n omgewing van oorvloed vir jou kinders.
Kinders het liefde nodig en wil dit hê. Soos met enigiets in hierdie wêreld, as daar 'n tekort aan iets is, word dit meer waardevol en veroorsaak dit dan tweedrag. As dit volop is dan is dit nie 'n probleem nie.
Neem olie en sout as voorbeelde. Elke land het olie nodig, daarom is daar sterk kompetisie. Pryse is hoog en beloof om hoër te word. Ons baklei, ons manipuleer, ons probeer mense omkoop, ons verkoop ons siele vir olie.
Aan die ander kant, is sout noodsaaklik vir die mens se lewe, maar dit is volop. Die prys vir 'n dosie sout is 'n paar rand. Daar is 'n oorvloed.
Wanneer pa's versuim om by hulle kinders betrokke te raak, wanneer hulle so besig bly dat hulle kinders voel hulle maak nie saak nie, wanneer pa's se teenwoordigheid minimaal is en hy nooit regtig tyd het om met hulle deur te bring nie, is dit 'n omgewing van skaarste.
Maar wanneer pa's 'n eindelose vloei van liefde voorsien, wanneer daar 'n konstante oorvloed van pappa se teenwoordigheid is, sal daar minder wedywering wees, minder manipulasie en meer vrede in die huis. Pappa moet daar wees fisiek en emosioneel.
'n Oorvloedige omgewing kom nie natuurlik nie en dit is nie maklik nie.
Maar dit is die moeite werd.
Vraag: Is jou huis 'n omgewing van oorvloed of 'n omgewing van skaarste? Kinders floreer in omgewings van oorvloedige liefde. Hulle kwyn in omgewings van skaarste.
Aangaande hierdie leesplan
Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.
More