MeesterbreinVoorbeeld

Woorde Waarvolgens Jy Kan Lewe
Vrees is kragtig. Dit kan jou beskerm teen gevaar waarvan jy nie bewus is nie, of dit kan jou verlam. Dit kan lewegewend wees of dit kan jou van lewe beroof. Daardie laasgenoemde vrees — dit is die een wat ek baie goed ken.
Ek het die grootste gedeelte van my lewe in vrees gelewe oor wat kan gebeur indien mense my as 'n mislukking sou beskou. Ek het my swakhede weggesteek, verhoudings beëindig, en geleenthede by my laat verbygaan. Net omdat ek mislukking gevrees het. Kan jy jouself daarmee vereenselwig? Is jy al ooit deur jou emosies van koers af gedwing? Die lewe hoef nie so te wees nie.
Daar is 'n ander mag wat selfs kragtiger as vrees is, en dit is woorde. Die woorde wat jy hoor en besluit om te glo, het die mag om die koers van jou lewe te bepaal. Jou lewensverhaal gaan vertel word met die woorde wat jy daagliks kies om te glo. Dit is wat 'n verandering vir my teweeggebring het.
My pastoor is Craig Groeschel. Ek het sy uitdaging oor Woorde Waarvolgens Jy Kan Lewe aanvaar, en God het dit gebruik om my te verander. My lewe — en my emosies — het verander soos my gedagtes verander het. My gedagtes het verander toe die woorde wat ek myself vertel het, verander het. Ek het elke oggend hardop gesê: "Ek behoort aan God. Hy het my geskape om sy doel te bereik en sy plan uit te voer. Ek sal met sy werk in my lewe behae hê omdat Hy met sy werk in my lewe 'n behae het."
Daardie woorde is op die Skrif gebaseer en dit het my vernuwe. Ek het ontdek dat, wanneer ek nie aan mense se verwagtinge voldoen nie, dit ook reg is, omdat God my geskape het om sy plan uit te voer, nie die planne van mense om my nie. In daardie oomblikke wanneer vrees my daarvan weerhou het om kwesbaar te wees, het ek geleer dat God aktief besig was om in my lewe te werk op 'n wyse wat Hom behaag het. Wie ek — as 'n volgeling van Jesus — was, het God se hart behaag. As God dan met my tevrede was, kon ek oor my lewe eerlik wees. Hierdie waarhede het aan my vrede gegee en my aangespoor om te groei.
Dit is die mag van woorde. Die waarheid kan jou vrymaak wanneer jy dit ken en kies om dit te glo. Watter emosies is daar wat jou verhoed om die lewe te leef wat jy wil lewe? Uit watter gedagtes en woorde het hulle ontstaan? Wat sal gebeur as jy die waarheid in die Woord van God gebruik om daardie leuens te besweer? Ek bid dat jy daardie waarheid sal kry en die volheid van die lewe sal ontdek wat Jesus vir jou kom gee het.
— Bryan, Mastering Fear of Failure Through the Power of Words
Bid: Here, ek het geleer dat my gedagtes 'n letsel in my verstand kan los of die weg na U kan baan. Ek het besluit om u Woord te memoriseer sodat ek dit byderhand kan hê om my negatiewe self-gesprekke te beveg. Ek het geleer dat dit onnodig is om elke gedagte te glo; ek kan u Woord aan myself verkondig; ek kan by U bestendig bly en teen die vestings in my gedagtes oorlog voer. Here bo alles wil ek die manier hoe ek myself en my lewe sien oorwin, deur u waarheid te spreek totdat ek dit glo. Totdat ek dit lewe. Ek wil daagliks deur U verander word soos U my gedagtes vernuwe. Ek dank U vir u liefdevolle onderrig in al hierdie dinge en dat U in hierdie geveg by my is.
Gebruik hierdie hulpmiddel om jou eie woorde te ontdek waarvolgens jy jou lewe kan rig: www.finds.life.church/words
Aangaande hierdie leesplan

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.
More
Verwante Leesplanne

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Maak 'n Kopskuif

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Gewaagde Gebede

Die Meedoënlose Uitskakeling Van Haas

Gewoontes

GAAN JY HOM MIS?

Kaalvoet Sielsgedagtes
