MeesterbreinVoorbeeld

Mastermind

DAG 1 VAN 7

Meesterbrein

Verbeel jou jy besit 'n huis. Elke dag loop jy dieselfde paadjie van die sypaadjie na die voordeur — regoor die erf. Mettertyd gaan daar 'n paadjie oor jou grasperk begin vorm aanneem.

Jou verstand is baie soos daardie grasperk.

Dit is op 'n baie ingewikkelde en raaiselagtige manier gekoppel aan die gedurige kommunikasie tussen die neurone in jou brein. Die kommunikasieroetes wat die meeste gebruik word, word in die proses sterker.

Sommige van hierdie kommunikasieroetes help jou om wiskunde te bemeester of om vir grappe te lag. Sommige kan egter letsels laat. Dit programmeer jou om af te sluit, veroorsaak 'n gewelddadige woedebui of lei tot verslawing aan skadelike middels en gedrag.

As ons Skepper, verstaan God die ingewikkelde verhouding tussen ons denke en brein. Hy het ook jou denke geskep, wat baie meer as 'n blote stelsel van elektriese impulse van jou brein is: dit is die gewaarwording van jouself, jou identiteit, jou herinneringe en dit waaroor jy hoop en droom. Dáárin is daar hoop.

Wanneer jy kies en besluit om Jesus te volg, word jou ou, geskende self hernuwe. Die Heilige Gees van God gee jou wonderbaarlike krag om daardie paaie vol letsels, wat jy slaafs gevolg het en waarop jy soveel wonde opgedoen het, te oorkom.

Ek weet, want ek het dit ook beleef. Ek was geprogrammeer om af te sluit wanneer ek onverwagse veranderinge en sosiale situasies beleef het. Ek was 'n slaaf van angs. Dit het my jare geneem om die letsels in my denke te identifiseer en selfs langer om te besef ek is nie gedoem om dieselfde paadjie weer en weer te stap nie.

Dit was bevrydend om my swakhede teenoor God te bely en ook aan getroue vriende wat God se waarheid in my lewe gespreek het. Ek het berading gekry, mediese hulp en in die Woord van God gesoek na 'n nuwe weg om te volg. Ek het daagliks 2 Timoteus 1:7 bepeins om aan myself te bewys dat ek nie 'n slaaf van die letsel van angs was nie en dat ek dit baasgeraak het.

Die prikkels is nog daar, maar die kommunikasieroetes is nie meer so duidelik en goed gemerk nie. Ek is deur die krag van Jesus Christus in beheer van my eie denke.

Jy kan ook die baas van jou denke wees. As jy deur vandag se Skrifgedeeltes lees, dink aan maniere hoe jy reeds deur die Heilige Gees van God verander is. Vra Hom om aan jou te wys waar jy nog steeds 'n slaaf van jou ou self is, en nie die weg van die Heilige Gees soek nie. Vra vir God in gebed om jou die nuwe pad te wys wat Hy vir jou het, en praat daaroor met 'n vriend wat jy vertrou.

— Samantha, Mastering Scars Through Meditation on God’s Truth 

Gebed: Jesus, help my asseblief. Help my om die letsels in my denke raak te sien. Help my om een vir een die regte keuses te maak. Help my om nie te vertoef by die negatiewe, bekende leuens wat seerkry veroorsaak nie. Help my om 'n nuwe pad in my gedagtes te kies wat my na u waarheid sal lei. Help my dan asseblief om u pad te kies, weer en weer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Mastermind

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://life.church