MeesterbreinVoorbeeld

Die Self-Gesprek Stryd Is Werklik
Is dit nie snaaks hoe ons mense op 'n afstand kan bewonder en dan glo dat niemand die lewe beter as hulle kan hanteer nie, maar wanneer ons hulle beter leer ken dan besef ons hulle is net so onseker as wat ons is. Ons kan nie op menslike bewondering of self-gesprekke staatmaak om ons deur die lewe te help nie. Indien ons nie op God alleen staatmaak nie, gaan ons vind dat dinge ineenstort sodra iemand anders 'n slegte dag beleef, 'n terloopse aanmerking kan ons omkrap of ons kasty onsself omdat ons van 'n opdrag vergeet het. Ons sal beheer verloor oor ons eie gedagtegang as ons die hele tyd by negatiewe gedagtes vassteek. Hier is die beste nuus: God bied aan ons 'n beter manier.
God sê baie duidelik dat ons Hom eerste moet stel. In Matteus 6:33 lees ons: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en die wil van God ..." Ons kan almal oefen om God eerste in ons lewens en self-gesprekke te plaas deur ons denke met die Skrif te vul — deur dit te memoriseer.
Ek sal weet wat om in 'n negatiewe oomblik te doen wanneer sy Woord diep in my alledaagse bestaan, in my hart en in my verstand verweef is. Ek sal dit onthou wanneer ek ontoereikend of minderwaardig voel en ek sal God loof "... want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep ..." (Psalm 139:14). Ek sal dit steeds onthou wanneer ek 'n moeilike tyd beleef met mediese vrae wat nie vir my sin maak nie. "Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte ..." (Psalm 73:26). Wanneer dit vir my voel asof ek nie deur die volgende dag gaan kom nie, sal ek op God vertrou en glo "... dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).
Om die Skrif te ken is belangrik omdat dit wat in ons gedagtes herhaal word, belangrik is. Dit vloei in ons harte in en vul ons siele. Kies waarmee jy jou gedagtes wil vul. Kies om sterker as jou eie gedagtes te wees deur dit met God se gedagtes aangaande jou te vul. God het jou hoog geag nog voordat jy jou eerste asemteug geneem het.
Memoriseer die Bybel, verbind jou daartoe om die Skrif te lees totdat jy maklik daaroor kan praat. Dan sal jy ervaar dat God begin om nuwe gedagtes in jou te skryf. Nie net in jou kop nie, maar ook in jou hart en verstand.
— Michelle, Mastering Self-Talk Through Scripture Memorization
Bid: Here, gee asseblief dat u woorde die sterkste woorde in my gedagtes is. Vandag verbind ek my daartoe om u Woord te memoriseer sodat ek dit beskikbaar sal hê om die leuens te besweer wat ek vir myself vertel. Ek sal met Romeine 12:2 begin sodat ek kan onthou hoe belangrik dit is dat U my denke vernuwe. Dankie dat U my denke gesond maak.
Aangaande hierdie leesplan

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.
More
Verwante Leesplanne

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Maak 'n Kopskuif

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Gewaagde Gebede

Die Meedoënlose Uitskakeling Van Haas

Gewoontes

GAAN JY HOM MIS?

Kaalvoet Sielsgedagtes
