MeesterbreinVoorbeeld

Mastermind

DAG 5 VAN 7

In die Begin Was die Woord

Jy het moontlik al gehoor dat woorde krag het. Om die waarheid te sê, in Johannes 1 word na Jesus as "die Woord" verwys. Daar staan geskrywe "... die Woord was by God, en die Woord was self God". Waarom het God hierdie spesifieke manier gebruik om Homself te beskryf? Miskien is een rede daarvoor dat woorde, net soos God, lewe kan gee, dit verander of vernuwe. Ek is 'n lewende bewys daarvan. 

Ongeveer vier jaar gelede, was my lewe chaoties. Ek het ver van God verwyder gevoel, verward en alleen — toe besluit ek om by 'n vrouegroep aan te sluit. Een aand, by een van die byeenkomste, het die groepleier daaroor begin praat om betrokke te raak by die Woord van God. Dit was nie vir my 'n vreemde begrip nie. Ek het al baie tyd met Bybelstudie deurgebring. Ek het van die Bybel gehou. Om egter daarby betrokke te raak? Dit my gedagtes te laat vernuwe? Om my Bybel te lees, het 'n roetine geword wat ek een keer per week gedoen het. Ek het eerlikwaar nie 'n begrip gehad wat dit beteken om daarby betrokke te raak nie. Die groepleier het elkeen van ons uitgedaag om vir 30 dae, elke dag in die YouVersion se Bybeltoep te lees. In die begin was die Woord.

In daardie eerste 30 dae het ek leesplanne gekry vir enige iets en alles wat in my lewe en hart aan die gang was. Hebreërs 4:12 stel dit soos volg: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." Op 'n tydstip toe ek magteloos gevoel het om te verander, het ek begin om die Woord van God in te neem en dit het 'n kragtige verandering in my teweeggebring. 

Wat toe begin gebeur het, is wat die apostel Paulus in Romeine 12:2 beskryf. God het my verander in 'n nuwe mens deur my denke te vernuwe sodat ek kon leer wat die wil van God vir my is. Daardie skynbaar onbenullige besluit om die uitdaging te aanvaar om die Bybel vir 30 dae te lees, het tot gevolg gehad dat ek nou al langer as vier jaar daagliks daarmee besig is. Dit is hoe ek my dag begin en eindig. 

Miskien is jy soos ek en wil jy werklik 'n kragtige verandering in jouself en jou lewe ervaar. Ek nooi jou om jou eie 30-dae-uitdaging te aanvaar. Dit is so eenvoudig soos om elke oggend wakker te word en die Bybeltoep oop te maak. Doen dit dan ook die volgende dag en die dag daarna. 

— Crystal, Mastering Transformation Through Consistency with God’s Word

Bid: Here, ek verlang dat die waarheid van Romeine 12:2 in my denke sal posvat. Help my om bestendig te wees in my besluit om U toe te laat om my te vernuwe. Ek is jammer oor al die kere wat ek verskonings gemaak het om nie tyd met U deur te bring of u Woord te lees nie. Ek kies om van voor af te begin. Versterk my begeerte om U te soek, om van U te leer, om u woorde te memoriseer en U toe te laat om my gedagtes te vernuwe. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Mastermind

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid