MeesterbreinVoorbeeld

Mastermind

DAG 6 VAN 7

Waar of Vals

Binne my kop is daar 'n persoon met die naam van "Ergste Geval Cindy." Sy raak dikwels verstrengel in 'n leuen wat voortvloei uit 'n gedagte wat ontstaan het uit vrees vir wat kan gebeur. Sy is daarvoor bekend dat sy té gereeld hierdie vrees koester.

Ek besef dat my kop die verkeerde paaie loop die oomblik wat ek met ongewenste omstandighede te doen kry. Maar dit beteken nie noodwendig dat slegte dinge gáán gebeur net omrede dit kán gebeur nie. Indien jy jouself in 'n situasie bevind waar jy by hierdie giftige denkpatrone betrokke raak — kies om dit te verander. 

'n Geestelike vesting is 'n denkpatroon wat skadelik is omdat dit op valsheid gegrond is. Hierdie vestings kan ontstaan as gevolg van 'n verskeidenheid redes: ons omgewing, ander mense en natuurlik die magte van die duisternis wat deur ons geestelike vyand beheer word. Dit het 'n uitwerking op ons gevoelens, reaksies en vryheid. In die vroeë geskiedenis is vesting gebou om vyande uit te hou. Maar die magte van die duisternis wil 'n vesting in ons gedagtes oprig om te verhoed dat ons negatiewe gedagtes uit ons koppe kan verban. Hierdie magte werk dag en nag. Daarom is dit lewensbelangrik dat ons leer hoe om hierdie magte van die duisternis te weerstaan. 

Indien jy onseker is of daar nog sulke vestings in jou denke bestaan, vra jouself net die volgende vraag: Watter negatiewe ding het 'n stewige greep in my lewe? Dit kan bitterheid, bekommernis, trots of vrees wees. Indien dit lelik is en jy hou nie daarvan nie, is die kans goed dat dit een van hierdie vestings in jou kop is. Wanneer jy dit herken as 'n vesting, soek 'n teksgedeelte wat die teenoorgestelde sê en bied weerstand teen dit. 

Dit is 'n oorlog. 'n Geestelike oorlog om die waarheid en vrede in ons gedagtes te herwin. Ons kan nie voel-voel deur 'n geestelike oorlog gaan nie. Ons moet ons sterkste wapen gebruik — die Woord van God. As jy glo jy is ongeliefd of ongewens, weerstaan daardie leuen deur die volgende te verklaar: Ek is 'n erfgenaam saam met Christus. Ek is deur God gekies en as sy kind aangeneem. (Romeine 8:17; Efesiërs 3:1-7). Om die waarheid te spreek is die maklike gedeelte. Om dit te lewe, verg oefening. Jy mag dalk "voel" dit is nie die waarheid nie, maar dit is. Spreek die waarheid tot jy dit voel. Hou aan om dit te spreek omdat dit jou deel van die geveg in hierdie oorlog is. 

Het jy die regte wapenrusting vir die geveg? Die geestelike magte van die duisternis rus nie en hulle is vasberade om ons lewens ellendig en droewig te maak. Bewapen jouself met die borsharnas van God se vryspraak, jou Goddelike geloof as skild, die almagtige swaard van die Gees en die helm van verlossing. Daarmee saam, jou bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene aan jou voete. En staan jou man. Geen negatiewe vestings meer in jou oorlog teen die vyand nie.

Jy is in beheer omdat God in beheer is.

— Cindy, Mastering Strongholds Through Spiritual Warfare

Gebed: Jesus, ek is in 'n geestelike oorlog. Ek voel dit. Ek veg om van die leuens weg te breek wat ek vir so lank geglo het. Ek veg daarteen om nuwe leuens te glo. Ek besef ek kan nie deur hierdie vestings in my gedagtes breek sonder U hulp nie. Help my asseblief om te weet hoe ek moet veg. Help my om die woorde te kies wat U deur u Heilige Gees tot my gedagtes rig. Help my asseblief om hierdie oorlog te wen en die vrede te ervaar wat U tot in elke hoekie van my gedagtes wil bring. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Mastermind

Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://life.church