Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 15 VAN 21

Dis tyd dat jy jou tong uitsteek en "aa" sê! Snap jy dit? Het jy 'n "mondsiekte"? Is daar 'n erge kiem in jou mond? 

Ons word gedefinieer deur dit wat ons stembande sê. Ons woorde is geneig om ons koers te bepaal, ons te kenmerk en ons te dryf. Die naakte waarheid is dat jy een of ander dag — in die nabye toekoms — gedwing gaan word om die vrug te eet van dit wat jy gekies het om te sê. 

Wat die tong betref het jy twee keuses: jy kan woorde sê wat tot dood of lewe lei. Daar is nie 'n middeweg nie. Daar is nie 'n grys area wat woorde betref nie. Dis dit. Net lewe of dood. Watter een gaan jy kies? Wanneer jy verstaan dat jy elke oomblik van jou bestaan die mag het om woorde te sê wat na lewe of dood lei, sal dit die feit beklemtoon dat die beheer van jou eie tong een van die mees lewensbelangrike pogings in jou lewe is. 

Die Hebreeuse woord vir "dood", in Spreuke 18:21, beteken "dodelike siekte of pes". Wanneer jy kies om harde woorde teenoor iemand te gebruik, wanneer jy kies om negatief en krities te wees, of wanneer jy besluit om te skinder, stel jy jouself en almal binne hoorafstand bloot aan 'n aansteeklike en dodelike siekte. 

Die woord "dood", in Spreuke 18:21, kan ook "geweld of vernietiging" beteken. Die woorde wat ons kies om aan 'n ander persoon te sê wat as die beeld van God geskape is, kan in der waarheid hulle siele beskadig en hulle hele toekoms vernietig. 

Wat doen jou woorde aan mense vir wie jy die liefste is en die beste ken? Is jou woorde deurdrenk met negatiewe idees en gesindhede wat jou geliefdes definitief met geestelike en emosionele siektes soos onsekerheid, verwerping en mislukking gaan besmet?

Persoonlike Toepassing: Watter effek dink jy het jou woorde op die mense vir wie jy die liefste is en die beste ken? Watter effek het hulle op jou?

  

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com