Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vroue wat 'n "mondsiekte" het en 'n probleem het om hulle tong te beheer, is algemeen in elke geslag en kan op alle terreine van die mensdom se geskiedenis gevind word.
Sarai het as gevolg van haar emosionele pyn met 'n menslike plan voor 'n dag gekom vir God en vir haar man. God het alreeds vir Abram belowe dat hy 'n kind sou hê, dus wou Sarai Hom dalk help deur haar man se dade met haar woorde te beheer. Ons kan uit die lewe van Sarai leer dat God nie ons hulp of menings nodig het om sy beloftes te vervul nie. Hy is in staat om die beloftes wat Hy gemaak het sonder inmenging na te kom. God vervul elke belofte wat Hy maak en Hy het nie ons menslike manipulasie of beheer nodig om dit reg te kry nie!
Wanneer 'n persoon kies om vanuit 'n hart te praat wat met teleurstelling en pyn gevul is, sal woorde van blaam ook uiteindelik daaruit vloei. Sarai was met gegriefdheid, jaloesie en spyt gevul. Haar hart het uitgeroep: Hoekom het ek ooit voorgestel dat Hagar en Abram 'n kind moes hê? Wat het in my kop aangegaan? Die antwoord is dat Sarai nie gedink het nie; sy was met emosie gevul. Haar onbehoorlike en ongoddelike emosies het uit haar mond gestroom in 'n poging om te manipuleer en te beheer.
Alhoewel God die situasie beredder het en vir Abram en Sarai die babaseun gegee het wat Hy belowe het, en boonop hulle name na Abraham en Sara verander het, het hierdie bejaarde paartjie nog steeds die nagevolge van Sara se woorde gedra. Abram en Hagar se seun Ismael, het die vader van die Arabiese nasie geword, terwyl Isak, Abraham en Sara se seun, die vader van Israel geword het. Sara se teleurstelling en probleem om haar woorde te beheer, het regdeur die eeue rimpels veroorsaak en duisende jare later sukkel die samelewing nog steeds met die raaisel van Ismael en Isak.
Dieselfde vrou wat sukkel om haar tong in toom te hou, sukkel ook om die beloftes van God te glo. Indien 'n vrou waarlik lewe volgens die beloftes van die Vader, sal dit in haar woorde te voorskyn kom.
Persoonlike Toepassing: Wat sal jy volgende keer doen as jy in die versoeking kom om vir iemand raad te gee (of stoom af te blaas), suiwer gebaseer op jou menslike emosies eerder as op geloof in die Woord van God?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.
More
Verwante Leesplanne
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12693%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
![Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15075%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
![Spreek Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12836%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spreek Lewe
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)