Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As jou tong nie in toom gehou word nie, maar buite beheer is, kan dit 'n vuur aan die brand steek! Dit is dalk 'n klein vuurtjie wat selde gesien word, maar dit is in staat om groot skade aan te rig en dinge te verskroei. In die onsigbare wêreld, wat meer werklik is as die wêreld wat jy met jou oë kan sien, pleeg ons 'n vreeslike daad van brandstigting wanneer ons onvriendelike woorde teenoor iemand gebruik. Wanneer ek of jy kies om iemand te bespot, word 'n lewe onregverdig met bose en woeste vlamme verswelg. Dieselfde gebeur as ek of jy kies om 'n ongegronde skinderstorie te versprei — ons verskroei iets baie kosbaars in 'n persoon se lewe.
Jakobus stel dit baie duidelik waar hierdie geneigdheid se oorsprong is — dit word uit die hel aangesteek. Vuur kom van vuur af. Die vuur wat jou tong versprei is van die vuur in die hel afkomstig. Die vyand probeer dikwels die keuses beïnvloed wat ons tonge maak, maar daar is 'n manier om dit te stop en hom op die vlug te laat slaan. In Jakobus 3 word jy aangeraai om 'n toom aan te sit. Jy moet ook die kaptein van jou eie skip wees en die roer gebruik om die skip uit onstuimige waters en stormagtige omstandighede te stuur. Laastens moet jy besluit dat jou tong nooit weer 'n vuur aan die brand sal steek nie.
Omdat jou tong die vermoë het om mense se lewens aan die brand te steek met negatiewe en kras woorde, moet jy altyd onthou dat dit ook die krag het om mense se lewens deur positiewe woorde en bemoediging te verbeter, veral die mense wat die naaste aan jou is. Wanneer jou woorde genadig en vol begrip is, sal dit mense se lewens laat floreer soos 'n tuin wat genoeg water kry. Jou woorde kan nuwe lewe in 'n persoon se lewe bring en wonderlike genesing bring in hulle verhoudinge. Dink net watter Goddelike moontlikhede dit inhou!
Persoonlike Toepassing: Maak 'n punt daarvan om tyd in te ruim vir gebed en vra jou hemelse Vader om beheer oor te neem van jou tong wat buite beheer is en dit 'n middel van seën vir ander te maak.
Aangaande hierdie leesplan
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.
More
Verwante Leesplanne
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12693%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
![Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15075%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
![Spreek Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12836%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spreek Lewe
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)